bondgenoot [boodskap #138191] |
Mon, 11 October 2021 15:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bondgenoot
Afbreking: bond•ge•noot
Samestelling: bond + genoot
Selfstandige naamwoord: bondgenoot
Meervoud: bondgenote
Verkleinwoord: bondgenootjie
Meervoud van verkleining: bondgenootjies
Betekenis:
• Lid van 'n groep wat saamwerk en mekaar bystaan.
Gebruik:
• Voor 1914 was Italië 'n bondgenoot van Duitsland gewees.
Sinoniem:
• deelgenoot
• helper
• medestryder
• samesweerder
• staatmaker
Afgelei:
• bondgenootskap
Vertaling:
Engels: ally, confederate
Nederlands: bondgenoot
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|