flapteks [boodskap #138185] |
Mon, 11 October 2021 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
flapteks
Afbreking: flap•teks
Samestelling: flap + teks
Selfstandige naamwoord: flapteks
Meervoud: flaptekste
Verkleinwoord: flapteksie
Meervoud van verkleining: flapteksies
Betekenis:
• Die teks op 'n flap aan die binnekant van 'n boek se stofomslag.
Gebruik:
• Die hoofdoel van die flapteks is om die potensiële leser of koper 'n indruk van die inhoud van die boek te gee.
Vertaling:
Engels: blurb
Nederlands: flaptekst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|