Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitrusting
uitrusting [boodskap #138184] Sun, 10 October 2021 20:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitrusting
Afbreking: uit•rus•ting
Samestelling: uitrus(t) + -ing


Selfstandige naamwoord: uitrusting
Meervoud: uitrustinge, uitrustings
Verkleinwoord: uitrustinkie
Meervoud van verkleining: uitrustinkies

Betekenis:
• Die klere en toerusting waarmee iemand vir 'n bepaalde taak uitgerus is.
• Die kombinasie van klere wat iemand dra.

Gebruik:
• 'n Soldaat se uitrusting bestaan uit 'n uniform, geweer en ammunisie.
• Met so 'n lyf sal jy mooi lyk in enige uitrusting.

Sinoniem:
• benodighede
• mondering
• toebehore
• toerusting

Afgelei:
• velduitrusting
• uitruster
• uitrustingsak
• uitrustingstuk

Verwant:
• wapenrusting

Vertaling:
Engels: equipment, outfit, kit
Nederlands: uitrusting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: monoloog
Volgende onderwerp: flapteks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:06:08 UTC 2025