piets [boodskap #138180] |
Sun, 10 October 2021 14:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
piets
Afbreking: piets
Werkwoord: piets
Verlede tyd: het gepiets
Betekenis:
• Om 'n ligte hou te gee.
Gebruik:
• Ek gaan jou piets as jy stout is.
Sinoniem:
• klap
• klits
• raps
• slaan
• tik
• wiks
Afgelei:
• afpiets
• uitpiets
Vertaling:
Engels: to whip, flog, lash, flick
Nederlands: zwepen
Selfstandige naamwoord: piets
Meervoud: pietse
Verkleinwoord: pietsie
Meervoud van verkleining: pietsies
Betekenis:
• Ligte slaanding (soos 'n sweep om perde voor 'n perdekar aan te jaag), of 'n hou wat daarmee toegedien is.
Gebruik:
• Met 'n piets deur die lug rol die perdekar by die hek uit.
Sinoniem:
• gésel
• karwats
• roede
• striem
• sweep
Vertaling:
Engels: whip
Nederlands: zweep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|