| rank [boodskap #138179] |
So., 10 Oktober 2021 10:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die ranke van 'n druiwestok.
rank
Afbreking: rank
Selfstandige naamwoord: rank
Meervoud: ranke
Verkleinwoord: rankie
Meervoud van verkleining: rankies
Betekenis:
• Die lang stingel van 'n klimplant of plant wat plat op die grond groei.
Gebruik:
• Pampoene, druiwestokke en aarbeie het lang ranke.
Hiponiem:
• boontjierank
• hegrank
Afgelei:
• oprank
• rankboontjie
• rankdoring
• ranker
• rankerig
• rankplant
• rankroos
• ranksel
• ranktamaties
Vertaling:
Engels: twig, shoot, runner, tendril
Nederlands: rank
Werkwoord: rank
Verlede tyd: het gerank
Betekenis:
• Om kruipend te groei (deur lang stingels te vorm).
Gebruik:
• Die pronkertjies rank teen die heining op.
Vertaling:
Engels: to twine, shoot tendrils
Nederlands: ranken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|