Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hartverskeurend
hartverskeurend [boodskap #138177] Sun, 10 October 2021 09:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
hartverskeurend
Afbreking: hart•ver•skeur•end
Samestelling: hart + verskeur + -end


Byvoeglike naamwoord: hartverskeurend
Vergrotende trap: hartverskeurender
Oortreffende trap: hartverskeurendste
Attributief: hartverskeurende
Partitief: hartverskeurends

Betekenis:
• Wat sterk emosies van skok en jamerte oproep.

Gebruik:
• Dit is hartverskeurend om 'n ma oor 'n kind se dood te sien huil.

Sinoniem:
• aandoenlik
• aangrypend
• bedroewend
• hartroerend
• jammerlik
• klaaglik
• ontroerend
• ontstellend
• pynlik
• roerend
• sielroerend
• smartlik
• tragies
• treurig
• verpletterend
• wreed

Vertaling:
Engels: heart-breaking, heart-rending
Nederlands: hartverscheurend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondervraging
Volgende onderwerp: topleerder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 19:49:19 UTC 2025