stilbly [boodskap #138175] |
Sun, 10 October 2021 08:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stilbly
Afbreking: stil•bly
Samestelling: stil + bly
Werkwoord: bly stil, stilbly
Verlede tyd: het stilgebly
Betekenis:
• Om op te hou praat; niks te sê nie.
• Om iets geheim te hou; nie uit te lap nie.
Gebruik:
• Kan jy nou net stilbly en luister wat ek vir jou sê?
• Ek sal jou vertel as by belowe om stil te bly.
Spreekwoord:
• Stilbly is ook 'n antwoord. [Al sê 'n mens niks, kan dit dikwels betekenisvol wees.]
Sinoniem:
• bekhou
• swyg
Antoniem:
• praat
Vertaling:
Engels: to shut up; keep quiet
Nederlands: stilbly
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|