Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » poets
poets [boodskap #138173] Sat, 09 October 2021 10:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
poets
Afbreking: poets


Werkwoord: poets
Verlede tyd: het gepoets

Betekenis:
• Blink maak.

Gebruik:
• Hy poets sy skoene. Sy het die meubels gepoets.

Sinoniem:
• gladmaak
• opvryf
• poleer
• polys
• skoonmaak

Afgelei:
• afpoets
• oppoets
• poetsborsel
• poetser
• poetslap
• poetsmiddel

Vertaling:
Engels: to clean, polish, shine
Nederlands: poetsen


Selfstandige naamwoord: poets
Meervoud: poetse
Verkleinwoord: poetsie
Meervoud van verkleining: poetsies

Betekenis:
• Iets grappigs wat ten koste van 'n persoon gedoen word. 'n Streek wat op iemand getrek word.

Gebruik:
• Jakkals het vir wolf 'n poets gebak deur sy stert aan 'n boom vas te bind.

Sinoniem:
• grap
• kattekwaad
• lawwigheid
• streek
• truuk

Afgelei:
• poetsbakker

Vertaling:
Engels: trick, prank
Nederlands: poets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: plesierig
Volgende onderwerp: laak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:01:46 UTC 2025