satureer [boodskap #138168] |
Sat, 09 October 2021 07:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
satureer
Afbreking: sa•tu•reer
Werkwoord: satureer
Verlede tyd: het gesatureer
Betekenis:
• Om versadig te maak; alles wat moontlik is op te neem / te absorbeer.
Gebruik:
• Sjina satureer die mark met goedkoop, lae kwaliteit produkte.
Sinoniem:
• deurdrenk
• deurtrek
• deurweek
• versadig
Afgelei:
• saturasie
Vertaling:
Engels: to saturate
Nederlands: satureren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|