twissoeker [boodskap #138162] |
Fri, 08 October 2021 20:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
twissoeker
Afbreking: twis•soe•ker
Samestelling: twis + soeker
Selfstandige naamwoord: twissoeker
Meervoud: twissoekers
Betekenis:
• Iemand wat graag rusie maak en na moeilikheid soek.
Gebruik:
• Deneys Reitz was 'n vegter, maar nie 'n twissoeker nie.
Sinoniem:
• onrusstoker
• rusiemaker
• skoorsoeker
• tweedragsaaier
• twisstoker
Antoniem:
• vredemaker
Afgelei:
• twissoekerig
• twissoekery
Vertaling:
Engels: troublemaker, mischief-maker, quarrelsome fellow
Nederlands: twistzoeker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|