digkuns [boodskap #138155] |
Fri, 08 October 2021 06:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
digkuns
Afbreking: dig•kuns
Samestelling: dig (ww.) + kuns
Selfstandige naamwoord: digkuns
Meervoud: –
Betekenis:
• Die kuns van gedigte skep.
Gebruik:
• N.P. van Wyk Louw is die enigste persoon wat die Hertzogprys in drie genres gewen het, naamlik digkuns, drama en kritiese prosa.
Sinoniem:
• poësie
• rymkuns
• verskuns
Antoniem:
• prosa
Hiperoniem:
• literatuur
Afkorting:
• digk.
Vertaling:
Engels: art of poetry
Nederlands: dichtkunst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|