loflied [boodskap #138148] |
Wed, 06 October 2021 15:25 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
loflied
Afbreking: lof•lied
Samestelling: lof + lied
Selfstandige naamwoord: loflied
Meervoud: lofliedere
Verkleinwoord: lofliedjie
Meervoud van verkleining: lofliedjies
Betekenis:
• Lied ter verheerliking van 'n persoon of saak.
Gebruik:
• Jubel in die Here, regverdiges, sing 'n loflied, opregtes! [Psalms 33:1]
Sinoniem:
• halleluja
• himne
• juigkreet
• lofkreet
• lofsang
• psalm
Vertaling:
Engels: paean, hymn
Nederlands: loflied
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|