Leksikograaf Boodskappe: 24152 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
opsit
Afbreking: op•sit
Samestelling: op + sit
Werkwoord: sit op, opsit
Verlede tyd: het opgesit
Betekenis:
• Om regop te sit.
• Om iets op iets anders te sit.
• Om wakker te bly (dikwels om te vry of te kafoefel).
Gebruik:
• Die kind kan al opsit, hy gaan binnekort begin loop.
• Sit jou masker op voordat jy jou bril opsit.
• Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry. [Carike Keuzenkamp]
Vertaling:
Engels: to sit up, mount
Nederlands: opzitten
'n Opsit.
Selfstandige naamwoord: opsit
Meervoud: opsitte
Verkleinwoord: opsitjie
Meervoud van verkleining: opsitjies
Betekenis:
• Kragoefening waar die bolyf herhaaldelik van die grond af opgetel word.
Gebruik:
• Hy doen soggens 50 opsitte voordat hy skool toe gaan.
Vertaling:
Engels: sit-up
Nederlands: sit-up
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.