steur [boodskap #138138] |
Tue, 05 October 2021 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
steur
Afbreking: steur
Werkwoord: steur
Verlede tyd: het gesteur
Betekenis:
• Om iemand te onderbreek, te hinder of te pla.
• Om op iets of iemand ag te slaan.
Gebruik:
• Moenie jou broer steur as hy huiswerk doen nie.
• Ek steur my min aan sy nonsens.
Wisselvorm:
• stoor
Sinoniem:
• belemmer
• hinder
• irriteer
• kwel
• onderbreek
• pla
• strem
• verontrus
• versteur
• verstoor
Afgelei:
• steuring
• steurnis
Vertaling:
Engels: to disturb, anoy, intrude, inconvenience; to care for
Nederlands: storen
Selfstandige naamwoord: steur
Meervoud: steure
Verkleinwoord: steurtjie
Meervoud van verkleining: steurtjies
Betekenis:
• Eetbare vis van die familie Acipenseridae wat ook kaviaar lewer.
Gebruik:
• 'n Steur kan in besondere gevalle tot 6 meter lank word en 'n gewig van 400 kg bereik.
Afgelei:
• steurvis
Vertaling:
Engels: sturgeon
Nederlands: steur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|