Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Diets
Diets [boodskap #138133] Mon, 04 October 2021 16:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Diets
Afbreking: Diets
Uitspraak: /dits/


Byvoeglike naamwoord: Diets
Attributief: Dietse

Betekenis:
• Met betrekking tot die Nederlandse taal en kultuur, wat by uitbreiding Afrikaans en Vlaams insluit.

Gebruik:
• In Afrikaans word Dietse woorde bo hul Romaanse ekwivalente verkieslik, as byvoorbeeld is dit beter om "amptelik" as die woord "offisieel" te gebruik.

Afgelei:
• verdiets

Vertaling:
Engels: Middle Dutch
Nederlands: Diets


Selfstandige naamwoord: Diets
Meervoud:

Betekenis:
• Volkstaal van die Lae Lande van ongeveer 1150 tot 1500 (ou Hollands).

Gebruik:
• In die Middeleeue is die Nederlandse taal meesal Diets genoem, wat "volkstaal" beteken.

Sinoniem:
• Middelnederlands

Vertaling:
Engels: Middle Dutch
Nederlands: Diets

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ligpers
Volgende onderwerp: omsigtig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:06:35 UTC 2025