obseen [boodskap #138126] |
Sun, 03 October 2021 19:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
obseen
Afbreking: ob•seen
Byvoeglike naamwoord: obseen
Vergrotende trap: obsener
Oortreffende trap: obseenste
Attributief: obsene
Partitief: obseens
Betekenis:
• Wat onwelvoeglik, smerig en skurf is (veral in seksuele konteks).
Gebruik:
• Die boek se taalgebruik is plek-plek effens obseen.
Sinoniem:
• aanstootlik
• afskuwelik
• afstootlik
• onbetaamlik
• onwelvoeglik
• skunnig
• smerig
• vuil
• walglik
Verwant:
• obseniteit
Vertaling:
Engels: obscene
Nederlands: obsceen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|