Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verguld
verguld [boodskap #138113] Sat, 02 October 2021 18:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vergulde masker.
'n Vergulde masker.
verguld
Afbreking: ver•guld


Werkwoord: verguld
Verlede tyd: het verguld

Betekenis:
• Om 'n voorwerp met 'n dun lagie goud te bedek.

Gebruik:
• Die koning se eetgerei moet verguld word.

Spreekwoord:
• Die pil verguld. [n Onaangename ding oppervlakkig aangenaam maak.]

Afgelei:
• vergulde
• vergulder
• vergulding
• verguldsel

Verwant:
• verchroom
• versilwer

Vertaling:
Engels: to gild
Nederlands: vergulden


Byvoeglike naamwoord: verguld
Attributief: vergulde

Betekenis:
• Wat met 'n dun lagie goud oorgetrek of oorgeblaas is.

Gebruik:
• Die katedraal se koepel is verguld.

Vertaling:
Engels: gilded
Nederlands: verguld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toutologies
Volgende onderwerp: plaasneem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:05:21 UTC 2025