toutologies [boodskap #138112] |
Sat, 02 October 2021 17:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toutologies
Afbreking: tou•to•lo•gies
Byvoeglike naamwoord: toutologies
Attributief: toutologiese
Betekenis:
• (taalkunde) Wat 'n opeenstapeling van woorde met dieselfde betekenis teweegbring.
• (logika) Wat in wese altyd waar is.
Gebruik:
• Die uitdrukking "nog steeds" is toutologies en in 'n formele teks sal 'n mens net een van die twee op 'n slag gebruik.
• Die uitspraak "alle vrygeselle is ongetroud" is toutologies.
Verwant:
• pleonasties
Vertaling:
Engels: tautologic, tautological
Nederlands: tautologisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|