opstook [boodskap #138110] |
Sat, 02 October 2021 09:13 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opstook
Afbreking: op•stook
Samestelling: op + stook
Werkwoord: stook op, opstook
Verlede tyd: het opgestook
Betekenis:
• Om 'n vuur hewiger te laat brand, meestal figuurlik gebruik, mense aanmoedig om kwaad te doen.
Gebruik:
• Moenie toelaat dat buitestaanders julle teen mekaar opstook nie.
Sinoniem:
• aanblaas
• aanhits
• aanpor
• aanspoor
• aanstig
• aanstook
• aanvuur
• aanwakker
• beïnvloed
• instigeer
• ophits
• oprui
• opsteek
• opsweep
Afgelei:
• opstoker
• opstoking
Vertaling:
Engels: to stir, instigate, incite
Nederlands: opstoken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|