| mantelvliesbreuk [boodskap #138108] |
Sa., 02 Oktober 2021 06:54 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
A=Normale posisie van die maag; B=Voorstadium; C='n Klein glybreuk; D='n Permanente breuk.
mantelvliesbreuk
Afbreking: man•tel•vlies•breuk
Samestelling: mantelvlies + breuk
Selfstandige naamwoord: mantelvliesbreuk
Meervoud: mantelvliesbreuke
Verkleinwoord: mantelvliesbreukie
Meervoud van verkleining: mantelvliesbreukies
Betekenis:
• Kondisie wanneer 'n deel van die maag deur die diafragma tot in die borskasholte steek.
Gebruik:
• 'n Mantelvliesbreuk kan laparoskopies (deur 'n paar klein openinge) met die Nissen-prosedure herstel word.
Sinoniem:
• diafragmabreuk
Vertaling:
Engels: hiatus hernia
Nederlands: middenrifbreuk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|