instem [boodskap #138107] |
Fri, 01 October 2021 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
instem
Afbreking: in•stem
Samestelling: in + stem
Werkwoord: stem in, instem
Verlede tyd: het ingestem
Betekenis:
• Om toestemming te gee, of dieselfde opinie te huldig.
• Om tydens 'n verkiesing iemand aan bewind te kry.
• Om 'n musiekinstrument te stem; kalibreer.
Gebruik:
• Hy knik sy kop om aan te dui dat hy instem.
• Die land se inwoners het weereens die swakste party ingestem.
• Die musikant stem sy kitaar in.
Sinoniem:
• beaam
• inwillig
• kopgee
• ooreenkom
• saamstem
• toegee
• toestem
Afgelei:
• instemmend
• instemming
Vertaling:
Engels: to agree, concur, consent; to vote in; to tune
Nederlands: instemmen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|