bystaan [boodskap #138082] |
Wed, 29 September 2021 12:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bystaan
Afbreking: by•staan
Samestelling: by + staan
Werkwoord: staan by, bystaan
Verlede tyd: het bygestaan
Betekenis:
• Om hulp en ondersteuning te bied.
• Om naby te staan; teenwoordig wees; toekyk.
Gebruik:
• 'n Ware vriend is iemand wat jou in moeilike omstandighede bystaan.
• Hy het bygestaan en niks gedoen nie.
Spreekwoord:
• Met raad en daad bystaan. [Alle moontlike hulp verleen.]
Sinoniem:
• assisteer
• bemoedig
• handgee
• help
• onderskraag
• ondersteun
• steun
• rugsteun
• tereghelp
• uithelp
Verwant:
• bystand
• bystander
Vertaling:
Engels: to help, support, assist, back up
Nederlands: bijstaan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|