| paaltjie [boodskap #138071] |
Di., 28 September 2021 13:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24169 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Krieket word gespeel.
paaltjie
Afbreking: paal•tjie
Samestelling: paal + -tjie
Selfstandige naamwoord: paaltjie
Meervoud: paaltjies
Betekenis:
• (krieket) Een van die drie penne wat die bouler probeer raakboul.
• Verkleinwoord van paal; 'n klein paal in die algemeen.
Gebruik:
• Die toerspan het met 8 paaltjies gewen.
• Daai paaltjie is hopeloos te klein.
Spreekwoord:
• As puntjie by paaltjie kom. [As dit regtig daarop aankom.]
Afkorting:
• p.
Afgelei:
• krieketpaaltjie
• paaltjiewagter
Verwant:
• bypen
• wegpen
Vertaling:
Engels: stump; small pole
Nederlands: paaltje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|