Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » opdraand
opdraand [boodskap #138068] Di, 28 September 2021 11:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Opdraand met 'n 10% helling.
Opdraand met 'n 10% helling.
opdraand
Afbreking: op•draand


Selfstandige naamwoord: opdraand, opdraande
Meervoud: opdraande, opdraandes
Verkleinwoord: opdraandetjie
Meervoud van verkleining: opdraandetjies

Betekenis:
• Pad wat teen 'n hoogte, bult of berg op gaan.

Gebruik:
• Die vragmotor sukkel teen die steil opdraand uit.

Spreekwoord:
• Hoe steiler die opdraand, hoe nader aan die end. [Hoe harder 'n mens werk, hoe gouer kry jy klaar.]

Wisselvorm:
• opdraande

Sinoniem:
• oploop
• steilte

Antoniem:
• afdraand

Vertaling:
Engels: uphill path, rise, ascent
Nederlands: opwaarts


Byvoeglike naamwoord: opdraand
Attributief: opdraande

Betekenis:
• Wat opwaarts loop, of figuurlik, swaar en moeilik is.

Gebruik:
• Die pad loop opdraand. Hoe lank is die opdraande pad?

Spreekwoord:
• Hy kry dit opdraand. [Dit gaan swaar.]

Vertaling:
Engels: uphill
Nederlands: opwaarts

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oorlosie
Volgende onderwerp: opklaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 16:27:50 MGT 2024