Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » standaard
standaard [boodskap #138037] So, 26 September 2021 17:47
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18850
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
standaard
Afbreking: stan•daard


Selfstandige naamwoord: standaard
Meervoud: standaarde

Betekenis:
• Vlak wat bereik is, of wat as aanvaarbaar beskou word.
• Maateenheid vir konsekwente meting.
• Ooreengekome reëls vir konsekwente implementering en interaksie.

Gebruik:
• Jou werk is nie op standaard nie!
• Die lengte van die koning se voet is geag as die standaard van lengte te wees.
• Die nuutste standaard vir wifi is 802.11ax (wifi 6).

Sinoniem:
• gehalte
• gids
• graad
• maatstaf
• mediaan
• norm
• normaal
• peil
• riglyn
• rigsnoer
• spesifikasie
• toets
• verwysing
• voorskrif
• ykmaat

Afgelei:
• goudstandaard
• standaardafwyking
• standaarddeviasie
• standaardgewig
• standaardgrootte
• standaardloon
• standaarduitspraak
• standaardtaal
• standaardwerk
• wêreldstandaard

Vertaling:
Engels: standard, norm
Nederlands: standaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderonsie
Volgende onderwerp: wederstrewig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 15:12:49 MGT 2024