onvrugbaar [boodskap #138034] |
Sat, 25 September 2021 20:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onvrugbaar
Afbreking: on•vrug•baar
Samestelling: on + vrugbaar
Byvoeglike naamwoord: onvrugbaar
Vergrotende trap: onvrugbaarder
Oortreffende trap: onvrugbaarste
Attributief: onvrugbare
Betekenis:
• Nie in staat om te reproduseer en afstammelinge te lewer nie.
• (figuurlik) Wat nie tot resultate lei/ lonend is nie; onproduktief.
Gebruik:
• Sarai was onvrugbaar; sy het nie kinders gehad nie. [Genesis 11:30]
• Alle pogings om dié hipotese te bewys was tot dusver onvrugbaar.
Sinoniem:
• impotent
• infertiel
• kinderloos
• onbevrug
• onproduktief
• steriel
• vrugteloos
Antoniem:
• vrugbaar
Afgelei:
• onvrugbaarheid
Vertaling:
Engels: infertile, sterile, barren
Nederlands: onvruchtbaar
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|