tengerig [boodskap #138019] |
Thu, 23 September 2021 14:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tengerig
Afbreking: ten•ge•rig
Byvoeglike naamwoord: tengerig
Vergrotende trap: tengeriger
Oortreffende trap: tengerigste
Attributief: tengerige
Betekenis:
• Wat maer/skraal is en gevolglik swak of broos lyk.
Gebruik:
• Die man is tengerig gebou, maar so taai soos 'n ratel.
Wisselvorm:
• tingerig
Sinoniem:
• breekbaar
• broos
• bros
• delikaat
• fyn
• kwesbaar
• pieperig
• skraal
• slank
• swakkerig
• teer
• tenger
Afgelei:
• tengerigheid
Vertaling:
Engels: slender, fragile
Nederlands: tenger
Nota:
• Van Latyn, "tener" = delikaat.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|