voorkind [boodskap #138009] |
Wed, 22 September 2021 09:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorkind
Afbreking: voor•kind
Samestelling: voor + kind
Selfstandige naamwoord: voorkind
Meervoud: voorkinders
Verkleinwoord: voorkindjie
Meervoud van verkleining: voorkindjies
Betekenis:
• Kind wat voor die huwelik gebore is; 'n buite-egtelike kind.
Gebruik:
• Hy was bang om sy vrou van sy voorkind te vertel.
Sinoniem:
• liefdesbaba
• skandekind
• sondekind
Antoniem:
• nakind
Hiponiem:
• voordogter
• voorseun
Vertaling:
Engels: illegitimate child
Nederlands: voorkind
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|