kattemaai [boodskap #137994] |
Mon, 20 September 2021 17:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kattemaai
Afbreking: kat•te•maai
Werkwoord: kattemaai
Verlede tyd: het gekattemaai
Betekenis:
• Om vrolik te speel en te baljaar; wild tekere gaan.
Gebruik:
• Die kinders kattemaai al van vroegdag af.
Sinoniem:
• baljaar
• bokspring
• jol
• kaperjol
• ravot
• rinkink
• speel
Wisselvorm:
• katermaai
• kattermaai
Vertaling:
Engels: to romp around
Nederlands: ravotten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|