Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » politoer
politoer [boodskap #137983] Sun, 19 September 2021 17:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
politoer
Afbreking: po•li•toer


Selfstandige naamwoord: politoer
Meervoud: politoere
Verkleinwoord: politoertjie
Meervoud van verkleining: politoertjies

Betekenis:
• Smeermiddel om hout, leer, ens. te behandel en glansend te maak.

Gebruik:
• Ek kan nie my skoene skoonmaak nie, die politoer is op.

Sinoniem:
• politoersel
• waks

Afgelei:
• skoenpolitoer
• vloerpolitoer

Vertaling:
Engels: polish
Nederlands: politoer


Werkwoord: politoer
Verlede tyd: het gepolitoer

Betekenis:
• Met politoer behandel; opvryf; poleer; blinkmaak.

Gebruik:
• Hy politoer sy skoene. Sy politoer die vloere.

Vertaling:
Engels: to polish
Nederlands: politoeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: degradasie
Volgende onderwerp: pediater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 20:25:19 UTC 2025