ongeveins [boodskap #137978] |
Sun, 19 September 2021 09:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongeveins
Afbreking: on•ge•veins
Samestelling: on- + geveins
Byvoeglike naamwoord: ongeveins
Vergrotende trap: ongeveinsder
Oortreffende trap: ongeveinsste
Attributief: ongeveinsde
Betekenis:
• Eerlik, opreg en sonder aangeplaktheid.
Gebruik:
• Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan... [Romeine 12:9]
Sinoniem:
• eerlik
• eg
• hartlik
• ongekunsteld
• opreg
• pretensieloos
Antoniem:
• geveins
• nagemaak
• skynheilig
• vals
Afgelei:
• ongeveinsdheid
Vertaling:
Engels: unfeigned
Nederlands: ongeveinsd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|