skitterend [boodskap #137972] |
Sat, 18 September 2021 12:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skitterend
Afbreking: skit•te•rend
Samestelling: skitter + -end
Byvoeglike naamwoord: skitterend
Vergrotende trap: skitterender
Oortreffende trap: skitterendste
Attributief: skitterende
Partitief: skitterends
Betekenis:
• Wat skitter; lig weerkaats.
• (figuurlik) Wat goed, pragtig en besonder mooi is.
Gebruik:
• Jou oë is soos die sterre, nie so skitterend nie, maar so ver van mekaar af.
• Die atleet het skitterend gevaar tydens die uitdunne.
Sinoniem:
• blink
• blinkend
• briljant
• helder
• glansend
• glansig
• glansryk
• glimmend
• gloeiend
• lumineus
• meteories
• merkwaardig
• pragtig
• stralend
• toonaangewend
• treffend
• uitstekend
• vonkelend
• voortreflik
Vertaling:
Engels: sparking, bright; brilliant, amazing, wonderful, glorious
Nederlands: skitterend
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|