Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » goddeloos
goddeloos [boodskap #137965] Sat, 18 September 2021 09:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
goddeloos
Afbreking: god•de•loos
Samestelling: god + -e- + -loos


Byvoeglike naamwoord: goddeloos
Vergrotende trap: goddeloser
Oortreffende trap: goddeloosste
Attributief: goddelose

Betekenis:
• Sonder God, of sonder geloof in God; Godloos.
• Sedelik sleg en verdorwe.

Gebruik:
• Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word, maar die goddeloses sal goddeloos bly. [Daniël 12:10]
• Ons het gesondig, saam met ons vaders; ons het verkeerd gedoen, goddeloos gehandel. [Psalms 106:6]

Sinoniem:
• ateïsties
• godslasterlik
• godvergete
• heidens
• heilloos
• kerkloos
• ongelowig
• ongoddelik
• ongodsdienstig
• sedeloos
• sleg

Antoniem:
• Christelik
• eerbiedig
• gelowig
• soet

Afgelei:
• goddeloosheid
• goddelooslik
• goddeloses

Vertaling:
Engels: godless, ungodly, unholy; impious, wicked, naughty
Nederlands: goddeloos

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: geledere
Volgende onderwerp: draag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:03:23 UTC 2025