hoofkwartier [boodskap #137960] |
Fri, 17 September 2021 08:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofkwartier
Afbreking: hoof•kwar•tier
Samestelling: hoof + kwartier
Selfstandige naamwoord: hoofkwartier
Meervoud: hoofkwartiere
Verkleinwoord: hoofkwartiertjie
Meervoud van verkleining: hoofkwartiertjies
Betekenis:
• Plek waar 'n organisasie se topbestuur gesetel is en vanwaar bevele uitgereik word.
Gebruik:
• Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britte Melrose-huis as hulle hoofkwartier gebruik.
Sinoniem:
• basis
• episentrum
• hoofkantoor
• hoofsentrum
• hoofsetel
Afgelei:
• polisiehoofkwartier
• verdedigingshoofkwartier
Afkorting:
• HK
Vertaling:
Engels: headquarters
Nederlands: hoofdkwartier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|