koloniaal [boodskap #137948] |
Wed, 15 September 2021 20:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
koloniaal
Afbreking: ko•lo•ni•aal
Samestelling: kolonie + -aal
Byvoeglike naamwoord: koloniaal
Attributief: koloniale
Betekenis:
• Wat op 'n kolonie betrekking het ('n groep diere wat saam leef, of 'n gebied wat deur 'n buitelandse mag oorheers word).
Gebruik:
• Manteldiere kan solitêr of koloniaal leef.
• Suid-Afrika se koloniale verlede is nog steeds 'n warm debatspunt.
Sinoniem:
• imperialisties
Hiponiem:
• antikoloniaal
• interkoloniaal
• neokoloniaal
Verwant:
• kolonialis
• kolonialisme
• kolonialisties
• koloniseer
Vertaling:
Engels: colonial
Nederlands: koloniaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|