jakker [boodskap #137947] |
Wed, 15 September 2021 20:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
jakker
Afbreking: jak•ker
Werkwoord: jakker
Verlede tyd: het gejakker
Betekenis:
• Om vrolik te speel, te baljaar en tekere te gaan.
Gebruik:
• Ek is 'n wilde woeste haai, wat jakker in 'n vreemde baai. [Die vis, Marie Niemeyer]
Wisselvorm:
• kerjakker
Sinoniem:
• baljaar
• dartel
• jubel
• jol
• kattemaai
• pierewaai
• ravot
• rinkink
• rondflenter
• rondhardloop
• rondjakker
• rondkuier
• rondrits
• rondslenter
• rondspeel
• slenter
• speel
Vertaling:
Engels: to romp, gad about
Nederlands: jakkeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|