vaartbelyn [boodskap #137921] |
Sun, 12 September 2021 17:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vaartbelyn
Afbreking: vaart•be•lyn
Samestelling: vaart + belyn
Byvoeglike naamwoord: vaartbelyn, vaartbelynd
Vergrotende trap: vaartbelyner, vaartbelynder
Oortreffende trap: vaartbelynste, vaartbelyndste
Attributief: vaartbelynde
Betekenis:
• Met 'n vorm wat min weerstand bied (soos 'n boot met 'n gladde boeg).
Gebruik:
• Swemdrag moet vaartbelyn wees sodat die swemmer maklik deur die water kan gly.
Wisselvorm:
• vaartbelynd
Sinoniem:
• aërodinamies
• gestroomlyn
• stroombelyn
Afgelei:
• vaartbelyning
Vertaling:
Engels: streamlined
Nederlands: gestroomlijnd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|