spertyd [boodskap #137913] |
Thu, 09 September 2021 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spertyd
Afbreking: sper•tyd
Samestelling: sper + tyd
Selfstandige naamwoord: spertyd
Meervoud: spertye
Verkleinwoord: spertydjie
Meervoud van verkleining: spertydjies
Betekenis:
• Die tyd waarteen iets voltooi moet wees.
Gebruik:
• As u die spertyd vir inhandiging mis, sal u werkopdrag nie nagesien word nie.
Sinoniem:
• afsluittyd
• keerdatum
• keertyd
• limiet
• sperdatum
• tydlimiet
• voltooiingsdatum
Vertaling:
Engels: deadline, cut-off time
Nederlands: spertijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|