Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitbreiding
uitbreiding [boodskap #137902] Wo, 08 September 2021 10:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20792
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbreiding
Afbreking: uit•brei•ding
Samestelling: uitbrei + -ding


Selfstandige naamwoord: uitbreiding
Meervoud: uitbreidinge, uitbreidings
Verkleinwoord: uitbreidinkie
Meervoud van verkleining: uitbreidinkies

Betekenis:
• Die proses of resultaat van uitbrei; groter word of maak, of dit wat groter gemaak is.
• Binnelyn van 'n telefoonnetwerk.
• Die agtervoegsel van 'n rekenaarlêer.

Gebruik:
• Ná die uitbreiding sal die hotel meer besoekers kan huisves.
• Vra die telefoniste om jou na uitbreiding 1234 deur te skakel.
• 'n Dokument moet 'n .doc uitbreiding hê.

Sinoniem:
• amplifikasie
• byvoeging
• ontwikkeling
• toename
• toevoeging
• uitdying
• vergroting
• vermeerdering

Afgelei:
• gebiedsuitbreiding
• kontrasuitbreiding
• magsuitbreiding
• uitbreidingsbeampte
• uitbreidingskema
• uitbreidingsproses
• uitbreidingsreserwe
• uitbreidingswerk

Afkorting:
• uitbr.

Vertaling:
Engels: expansion, propagation
Nederlands: uitbreiding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omhoog
Volgende onderwerp: gonsery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 25 09:20:21 MGT 2024