kopkrapper [boodskap #137887] |
Mon, 06 September 2021 17:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kopkrapper
Afbreking: kop•krap•per
Samestelling: kop + krap + -per
Selfstandige naamwoord: kopkrapper
Meervoud: kopkrappers
Verkleinwoord: kopkrappertjie
Meervoud van verkleining: kopkrappertjies
Betekenis:
• Iets wat mens laat kopkrap (dink, wonder).
Gebruik:
• Los die kopkrapper op: Wat moet jy breek voordat jy dit kan gebruik? [Antwoord: 'n eier]
Sinoniem:
• probleem
• raaisels
• strikvraag
Verwant:
• kopkrappery
Vertaling:
Engels: trick question, puzzle
Nederlands: raadsel, strikvraag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|