verfrissend [boodskap #137885] |
Mon, 06 September 2021 15:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verfrissend
Afbreking: ver•fris•send
Samestelling: verfris + -send
Byvoeglike naamwoord: verfrissend
Vergrotende trap: verfrissender
Oortreffende trap: verfrissendste
Attributief: verfrissende
Partitief: verfrissends
Betekenis:
• Wat 'n mens laat afkoel.
• Wat 'n mens inspireer omdat dit vars en nuut is.
Gebruik:
• Dit is verfrissend om 'n yskoue koeldrank op 'n warm somersdag te drink.
• Die boek se taalgebruik, skryfwyse en perspektiewe is verfrissend vars.
Sinoniem:
• besielend
• frismakend
• herstellend
• inspirerend
• opfrissend
• verkwiklik
• verkwikkend
• verkoelend
• vernuwend
Vertaling:
Engels: refreshing
Nederlands: verfrissend
Nota:
• Onvoltooide deelwoord van verfris.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|