anafoor [boodskap #137865] |
Sun, 05 September 2021 07:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anafoor
Afbreking: a•na•foor
Selfstandige naamwoord: anafoor
Meervoud: anafore
Verkleinwoord: anafoortjie
Meervoud van verkleining: anafoortjies
Betekenis:
• Stylfiguur waar 'n woord of frase aan die begin van opeenvolgende sinne, sinsnedes of versreëls herhaal word.
Gebruik:
• Jacques Brel gebruik 'n anafoor in die vers: "Laat my die skadu word van jou skadu; die skadu van jou hand; die skadu van jou hond; maar verlaat my nie."
Wisselvorm:
• anafora
Antoniem:
• epifoor
Vertaling:
Engels: anaphora
Nederlands: anafoor
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|