glyklank [boodskap #137864] |
Sat, 04 September 2021 20:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
glyklank
Afbreking: gly•klank
Samestelling: gly + klank
Selfstandige naamwoord: glyklank
Meervoud: glyklanke
Betekenis:
• Spraakklank tussen 'n klinker en 'n medeklinker.
Gebruik:
• 'n Glyklank vorm wanneer die spraakorgane na 'n volgende (gewoonlik vokale) stand oorgaan, soos met hier, jood en wê, voordat die klank behoorlik afgesluit is.
Sinoniem:
• halfklinker
• halfvokaal
• semivokaal
Vertaling:
Engels: semivowel, glide, sliding sound
Nederlands: glijklank, semivocaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|