frot [boodskap #137858] |
Sat, 04 September 2021 10:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
frot
Afbreking: frot
Selfstandige naamwoord: frot
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Speletjie waar kinders mekaar jaag en probeer aanraak.
• 'n Aanslaan by die speletjie.
Gebruik:
• Die kinders speel frot op die rugbyveld.
• As jy die frot kry, is dit jou beurt om die ander te jaag.
Sinoniem:
• aan-aan
• aanslaanspeletjie
• raakspeletjie
Afgelei:
• frotspel
• frotspeletjie
Homofoon:
• vrot (bederf, sleg word)
Vertaling:
Engels: touch, tag
Nederlands: tikkertje
Byvoeglike naamwoord: frot
Betekenis:
• Wat in die frotspel aangeslaan of aangeraak is.
Gebruik:
• Het jou! Jy is frot!
Vertaling:
Engels: it
Nederlands: getikt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|