saggeaard [boodskap #137854] |
Sat, 04 September 2021 08:41 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
saggeaard
Afbreking: sag•ge•aard
Samestelling: sag + geaard
Byvoeglike naamwoord: saggeaard
Attributief: saggeaarde
Betekenis:
• Wat sag is van karakter; met 'n geaardheid wat na vrede en liefde neig.
Gebruik:
• "Hy is saggeaard, eintlik te saggeaard", sê sy.
Sinoniem:
• goedgeaard
• liefdevol
• sagmoedig
• sagaardig
• sagsinnig
• toegewend
• vredeliewend
• welwillend
Antoniem:
• hardkoppig
• hardvogtig
• harteloos
Afgelei:
• saggeaardheid
Vertaling:
Engels: gentle, softhearted, sweet‐natured
Nederlands: zachtgeaard
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|