Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » plaat
plaat [boodskap #137849] Fri, 03 September 2021 20:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Huisie met 'n dak van sinkplaat.
'n Huisie met 'n dak van sinkplaat.
plaat
Afbreking: plaat


Selfstandige naamwoord: plaat
Meervoud: plate
Verkleinwoord: plaatjie
Meervoud van verkleining: plaatjies

Betekenis:
• 'n Plat, harde, dunnerige voorwerp of materiaal.
• Plat, ronde deel van 'n stoof wat warm word.
• Ronde stuk plastiek met groewe waarop musiek en klank gestoor word.

Gebruik:
• Die gedenkplaat is deur vandale verniel en is later met 'n verchroomde plaat vervang.
• Ma het die melk op die plaat vergeet.
Plate is later met CD's vervang.

Spreekwoord:
• Hy is soos 'n kat op 'n warm plaat. [Maak benoude spronge.]
• Sy plaat haak vas. [Aanhoudend oor dieselfde onderwerp praat.]

Hiponiem:
• bakplaat
• dekplaat
• gasplaat
• gedenkplaat
• grammofoonplaat
• hegplaat
• kookplaat
• koperplaat
• langspeelplaat
• laserplaat
• nommerplaat
• sinkplaat
• stoofplaat

Afgelei:
• plaatkoek

Vertaling:
Engels: disk, plate, board, sheet; record
Nederlands: plaat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fisiek
Volgende onderwerp: sinkplaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 21:43:22 UTC 2025