Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teelaarde
teelaarde [boodskap #137847] Fri, 03 September 2021 16:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
teelaarde
Afbreking: teel•aarde
Samestelling: teel + aarde


Selfstandige naamwoord: teelaarde
Meervoud: teelaardes

Betekenis:
• Vrugbare grond vol organiese materiaal, beskik is vir die groei van gewasse.
• (figuurlik) Gunstige omstandighede vir die ontstaan van idees, moeilikheid, ens.

Gebruik:
• Op 'n gholfbaan word die teelaarde tipies met gras bedek, terwyl sandputte vir afwisseling aangelê word.
• Haat­spraak skep 'n teelaarde vir volksmoord.

Sinoniem:
• humus
• kompos
• teelgrond
• bakermat
• broeiplek
• kweekbodem
• kweekgrond
• kweekplek

Vertaling:
Engels: humus, vegetable earth
Nederlands: teelaarde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blinker
Volgende onderwerp: fisiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:05:39 UTC 2025