omslag [boodskap #137843] |
Fri, 03 September 2021 12:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
omslag
Afbreking: om•slag
Samestelling: om + slag
Selfstandige naamwoord: omslag
Meervoud: omslae
Verkleinwoord: omslaggie
Meervoud van verkleining: omslaggies
Betekenis:
• Iets wat om iets anders kom, soos 'n lêeromslag of stofomslag.
• Die plek waar iets omgevou of teruggeslaan is.
• Groot moeite en uitgebreidheid.
Gebruik:
• Die boek se omslag het geskeur.
• Stryk die hemp en veral die kraag se omslag.
• Die vrouevereniging het 'n groot omslag van die dominee se besoek gemaak en selfs koekies gebak.
Sinoniem:
• bedekking
• bekleding
• mantel
• omhulsel
• oortreksel
• omhaal
• soom
Hiponiem:
• boekomslag
• briefomslag
• borsomslag
• lêeromslag
• stofomslag
Afgelei:
• omslagboor
• omslagdoek
• omslaglas
• omslaghuls
• omslagnaat
• omslagploeg
• omslagtekening
• omslagtig
• omslagyster
Vertaling:
Engels: cover, jacket; turn-up, reversal; trouble
Nederlands: omslag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|