Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rangskikking
rangskikking [boodskap #137841] Fri, 03 September 2021 11:06
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21014
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Rangskikking van blomme.
'n Rangskikking van blomme.
rangskikking
Afbreking: rang•skik•king
Samestelling: rangskik + -king


Selfstandige naamwoord: rangskikking
Meervoud: rangskikkinge, rangskikkings
Verkleinwoord: rangskikkinkie
Meervoud van verkleining: rangskikkinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van rangskik.
• Blomme wat mooi gerangskik is; blomversiering.

Gebruik:
• Die spanbestuurder bepaal gewoonlik die rangskikking van spelers op die veld.
• 'n Mens sit nooit wit en rooi blomme saam in 'n rangskikking nie, omdat dit dood simboliseer.

Sinoniem:
• indeling
• opstelling
• ordening
• samestelling
• skema
• skikking
• sortering

Afgelei:
• blommerangskikking
• herfsrangskikking
• herrangskikking
• rangskikkingskuns
• rangskikkingsmetode
• rangskikkingsproses
• tafelrangskikkings

Vertaling:
Engels: classification, arrangement
Nederlands: rangschikking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skuifspeld
Volgende onderwerp: onbemind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 10 22:06:52 UTC 2025