skuifspeld [boodskap #137840] |
Fri, 03 September 2021 07:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21014 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skuifspeld
Afbreking: skuif•speld
Samestelling: skuif + speld
Selfstandige naamwoord: skuifspeld
Meervoud: skuifspelde
Verkleinwoord: skuifspeldjie
Meervoud van verkleining: skuifspeldjies
Betekenis:
• 'n Klem van metaal (gebuigde draad) om papier bymekaar te hou.
Gebruik:
• Die sekretaresse sorteer die dokumente en maak dit netjies met 'n skuifspeld vas.
Sinoniem:
• papierklem
• papierknyper
Vertaling:
Engels: paperclip
Nederlands: paperclip
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|